Your Trusted Family Doctors in George

 Compassionate care, experienced doctors, right in the heart of George.

Learn More

Decades of care, right where you live. Personalized healthcare from doctors who know your story.

For over 30 years, Die Huis‑Artz has been a cornerstone of healthcare in George. Our team of experienced general practitioners provides comprehensive medical care to individuals and families—whether you need a check-up, chronic condition management, or minor procedures.

Die Huis-Artz medical practice entrance in George CBD

Why Patients in George Choose Die Huis‑Artz

Modern consultation and procedure room at Die Huis-Artz George

Die Huisarts se Jas: Breëer Skouers, dieselfde Hart

Daar is iets in die geur van ‘n dokter se spreekkamer wat jou terugneem na jou kindertyd — ’n mengsel van Dettol, ou leerstoele en die sagte geritsel van ’n papierlappie op die ondersoekbed. Dit is nie net ’n plek van genesing nie; dit is ’n ruimte waar vertroue gebou is, waar ’n mens se siektes en vrese onthul is aan iemand wat meer as net kennis gehad het — iemand met ’n hart vir mense.

In hierdie kamer woon “Dok”. Nie net ’n dokter niejou dokter. Die een wat jou ouma se bloeddruk al jare gelees het, jou ma se eerste swangerskap bevestig het, en jou self gesien het toe jy met die pokkies gesit het en gedink het jy gaan doodgaan. Hy was daar met daardie sagtestem en daardie ou jas — die een met uitgeskuurde elmboë en sakke vol meer as net ’n stetoskoop en penlig. Nee, daardie sakke het herinneringe en waardes in: omgee, toewyding, vertroue, respek.

Die jas

Die doktersjas is nie sommer net klere nie. Dit is ’n mantel van verantwoordelikheid. Dit is ’n simbool van diens. En in die geval van Dok, is dit ’n verlengstuk van sy siel. Soos tyd aangestap het, het sy hande egter begin bewe. Sy moes meer gereeld loer oor die bril. Maar sy hart, daardie egte, sagte hart, het nooit opgehou omgee nie en met daar selfde omgee het hy besluit om nie net sy jas aan ’n hanger in ’n kas op te hang nie. Nee, hy is stadig en eerbiedig besig om nuwe skouers in te kry —  nuwe, jonger skouers. Skouers met dieselfde bereidheid om daardie waardes voort te dra. Die voortsetting van ’n roeping.

Die Nuwe Era

By “Die Huisarts’’ glo ons steeds aan alles waarvoor Dok staan. Die pasiënt is nie ’n nommer nie. Jy is nie net ’n naam op ’n lêer nie. Jy is familie. Jy is gemeenskap. Jy is belangrik.

Ons spreekkamers mag dalk meer moderne toerusting , en dalk werk ons met elektronieselêers, maar ons hart het nie verander nie. Ons vat elke pasiënt steeds vas met dieselfde sagtheid, dieselfde respek. Want die jas se sakke is vol — vol herinneringe aan wat dit beteken om mens te wees in gesondheidsorg.

Wat beteken dit vir jou as pasiënt?

As jy by Die Huisarts instap, stap jy nie net ’n spreekkamer binne niejy kom huis toe.

1. Kennis en Tegnologie, maar met Hart

Ons bring die beste van twee wêrelde: moderne tegnologie én ou skool-omgee. Ons elektroniesestelsels maak dit maklik om jou geskiedenis op te roep, maar dit word nooit bo jou menslikheid gestel nie. Jy kry steeds tyd, aandag, en ’n luisterende oor.

2. ’n Span met ’n Sending

Ons personeel is nie net aangestel niehulle is gekies. Nie vir hul kwalifikasies alleen nie, maar vir hul hart. Elke verpleegkundige, dokter en assistent is hier omdat hulle roepingsgedrewe is. Hulle weet wat daardie jas beteken.

3. Toeganklikheid

Ons verstaan dat tyd kosbaar is. Daarom werk ons met besprekings, vinnige diens, en verleng deure vir dié wat werk en kinders het. Die praktyk is oop vir almal — van baba se eerste inenting tot oupa se bloeddruk.

4. Vertroue en Kontinuïteit

Ons eer die vertroue wat Die Huisarts oor jare opgebou het. Daarom is ons daartoe verbind om daardie verhouding te respekteer en voort te bou. Jy hoef nie weer van voor af te begin nie. Jy hoef nie weer jou storie te vertel nie. Ons weet waar jy vandaan kom, en ons stap verder saam met jou.

5. Bly deel van jou gemeenskap

Ons is nie ’n gesiglose korporasie nie. Die Huisarts is plaaslik. Ons is deel van jou skool, jou kerk, jou buurt. Jy gaan ons in die supermark raakloop. Ons kinders speel dalk saam. Hierdie is nie net werk vir ons nie — dis diens aan ons eie mense.

n Toekoms wat omgee

In ’n wêreld waar dinge vinnig verander en menslikheid dikwels verlore raak in prosesse en protokolle, wil ons by Die Huisarts ’n brug bou tussen ou en nuut. Ja, dalk is daar nuwe gesigte agter die tafel. Maar die siel van Die Huisarts leef voort — in elke woord, elke aanraking, elke besluit wat ons neem.

Ons nooi jou uit om weer te kom sit op daardie leer stoel. Ons nooi jou uit om jou vertroue weerneer te sit op die lessenaar. Kom maak ’n afspraaknie net met ’n dokter nie, maar met daardie gevoel wat jy gedink het verdwyn het. Daardie gevoel van veilig wees, van gehoor word, van gesien word.

Want die jas word dalk nou gedeel met nuwe skouers, maar dit het steeds dieselfde sakke — vol liefde, toewyding en die diepe respek vir elke lewe wat daardeur aangeraak word.

 

Welkom by Die Huisarts. Welkom tuis

Dr Chris van Niekerk - Family and occupational health doctor in George
General Practitioners in George
Employer documentation and reporting
Compassionate care, experienced doctors, right in the heart of George.